valiant Swart photo 10

Valiant Swart has been a fixture on the SA music scene since 1990. His particular brand of soulful blues, folk and country-rock, blended with indigenous South African influences like boeremusiek and kwela, has earned him a large, loyal following countrywide. His hits like ‘Sonvanger’ and ‘Eyeshadow’ have become volksbesit, and his songs have been covered by a wide variety of artists. He has literally played thousands of gigs all over South Africa and abroad, from pubs and rock festivals to theatres and massive gala events at Sun City and the like. In 2010 he was the first recipient of the coveted Oppikoppi ‘Lifetime Achievement’ award.

He has released 18 albums, starting with ‘Die Mystic Boer’ in 1996, up to ‘Rondry, fliek en die Buitelewe’ in 2023, picking up numerous awards along the way. He has published three books, and has been a popular magazine columnist for more than ten years. Television work saw him presenting a 13-part series on American blues music for kykNet (‘Veertig dae deur die Delta’), which documents his journey through the heart of the blues in Tennessee, Mississippi and Louisiana. Following that, he starred in the male lead role in the hugely popular drama series ‘Song vir Katryn’. He also composed and released the soundtrack for the series, resulting in a gold status album. In 2013, he co-presented the first series of ‘Mooiloop’, a local travel series for SABC.

Valiant’s solo performances are the stuff of legend. With his acoustic guitar and harmonica, he combines his classic songs – some poignant, some sad, some absolutely hilarious, with the storytelling style of a true raconteur.

Valiant Swart Biografie

Valiant Swart word bestempel as een van die voorste Afrikaanse musikante van die afgelope dertig + jaar. Hy word wyd gerespekteer as liriekskrywer, en het reeds sowat 20 albums en enkelsnitte vrygestel.

Van Oppikoppi tot Skouspel, by rock- en kunstefeeste en in musiekklubs en teaters landwyd, het hy oor die jare ‘n reputasie as eersteklas vermaakkunstenaar opgebou. Met letterlik duisende optredes op sy kerfstok, hetsy solo met kitaar en mondfluitjie in ‘n intieme teateratmosfeer, of op ‘n groot verhoog met sy manjifieke rock band, is ‘n Valiant-vertoning ‘n belewenis vir enige gehoor. Afgesien van Suider-Afrika, het hy al opgetree in die VSA, Engeland en Nederland.

Valiant het geleer kitaar speel toe hy elf jaar oud was. Hy het op Hoerskool liedjies begin skryf en in ‘n paar skool-orkeste gespeel, van rock, country en pop tot boeremusiek. Tydens sy studentejare op Stellenbosch het hy die musiek van Bob Dylan en die Blues ontdek, en ‘n groot aanhanger geword. Al hierdie invloede skemer steeds deur in sy musiek.
Hy het in 1987 ‘n BA-graad verwerf, met as hoofvakke Afrikaans-Nederlands en Engels.

In 1988-89, tydens militêre diensplig, het hy Koos Kombuis (André Letoit) ontmoet. Hy het saam met Letoit in die rokerige kroeë van Hillbrow begin optree en hom in alle erns as Afrikaanse liedjieskrywer begin bekwaam, net toe die nuwe ‘Voëlvry’-golf van Afrikaanse musiek op dreef gekom het. In 1990 het hy voltyds begin om ‘n bestaan te voer met sy liedjies en sy kitaar.

Sy debuut, Die Mystic Boer, is in 1996 vrygestel. Hy was ook die produksieleier op verskeie albums van ander kunstenaars, en het gasoptredes op vele ander se albums gelewer: Springbok Nude Girls, Jack Parow, Die Heuwels Fantasties, Spoegwolf en andere.

Van Suid-Afrika se grootste sterre, soos Laurika Rauch, Theuns Jordaan, Bok van Blerk, Piet Botha en andere, het sy liedjies opgeneem, waaronder die treffers ‘Sonvanger’, ‘Eyeshadow’, ‘Jakarandastrate’ en ‘Duisend Myl Blues’. Talle kunstenaars gebruik Valiant se liedjies as deel van hul verhoog-repertoire.

In 2001 het kykNet hom op ‘n blues-reis na Amerika gestuur. Die resultaat was die dokumentêre TV-reeks, Veertig dae deur die Delta , waarmee kykers getrakteer is op Valiant se blues-avonture in Tennessee, Mississippi en Louisiana.
Die sukses van hierdie reeks het gelei tot sy akteursdebuut, in die hoofrol as Jinx in kykNet se Song vir Katryn treffer-reekse. Met rekord-kyksyfers en ‘n klankbaan-album wat goue status verwerf het, het “Katryn” van Valiant ‘n huishoudelike naam gemaak. Hy was ook die mede-aanbieder van die SABC se reis-reeks Mooiloop se eerste seisoen.

Voorts het hy gewildheid verwerf as koerant- en tydskrif-rubriekskrywer, waar die lief en leed van sy status as ruk-en-rol gesinsman op dikwels komiese wyse weergegee word. Ander artikels uit sy pen het al verskyn in Insig, Weg, Sports Illustrated en ‘n paar ander leefstyl-publikasies.

Op ‘n vorige sensusvorm is hy formeel as ‘ongeskoolde trekarbeider’ genoteer, en by sy terugkeer na ‘n vroeëre besoek aan die buiteland is hy amptelik die RSA as ‘soothsayer’ binnegelaat.